Dis nie aldag dat ek iets in Afrikaans skryf nie, maar hierdie is die laaste bydrae tot my openbare dagboek en ek wil dit deel in die taal van my hart.
Dis n moelike 5 weke wat ons agter die rug het, en ek sou amper teleurgestel wees as die 5 weke wat voorle enigsins makliker is.
Soos baie het ek in die afgelope weke geleentheid gehad om bietjie in my siel te kuier en my herinneringe weer aan te raak. En dalk daardeur bietjie nader gekom aan die persoon wat ek graag will wees.
Aan liefde in my lewe is daar beslis geen behoefte nie, dis die verstaan van mekaar en van ander wat wel lee plekkies los. Dis in hierdie oomblike wat ek terug kyk en vrede maak met die feit dat ek uniek is en nie anders nie.
Ek het die ingrendeling begin met meer vrees as wat ek sin van kon maak. Dis n siekte wat mense doodmaak sonder diskriminasie, ek is in gevaar en die vir wie ek lief is is in gevaar, en my vrees is verdiep deur die onsekerheid of ek hulle ooit weer sou sien. Gelukkig is die verhoudings wat ek in my lewe aanknoop nie een stukkend nie, daar kort net inspanning van albei kante. En as gevolg kon ek fokus op deurdruk en nie berou nie.
Die tyd wat ek afgeslote spandeer het, het wel n nuwe normaal begin word. Dit was na n ruk gemaklik om by die huis te oefen en die honde op n uitstappie na die voorhek te neem.
Almal met wie ek tussendeur kommunikeer het iets gebak. Ek het dit baie gedoen, en elke keur was my ouma saam in die kombuis. Ek mis hulle albei verskriklik baie.
Dis vandag n koue grys dag en soos ek huis skoonmaak luister ek musiek. Dit is die draad wat deur al my lewens oomblikke en kennise loop. My lewe het n klankbaan en hy speel aaneen en altyd op die regte plek. So, kan ek altyd n einde sien in dit wat gebeur, en al is ek vandag dalk n bietjie sentimenteel sien ek ook die einde in dit wat nou met ons almal gebeur.
Dankbaar vir die kans om aan te pas voor ek moet asem skep en voorentoe druk. Dankbaar dat al my vatplekke en ankers nog daar is.